Outydse gebak,

vars gebak uit ouma se kombuis.

Ideaal vir vakansie, kamp en kuier, saamvat na ouma en kinders, weggee vir geskenke aan personeel, geniet saam tee, aanbied vir gaste, verrassing vir Kersfees, gee vir kliënte om seker te maak hul kom weer, die res bêre vir later… as daar oor is!

Ons varsgebak word steeds met die hand gemaak, volgens ouma se resep en met dieselfde liefde as wat sy daarin gesit het. Met die verskil dat dit nou toeganklik is vir almal in die stad wat ver van die plaas af bly, wie se ouma net ‘n herinnering is, maar wat steeds verlang. En die verlange wil koester met smake en reuke uit die verlede.

Vrystaat Versorging In Aksie

Vrystaat Versorging in Aksie het in 1908 tot stand gekom as die Oranje Vroue Vereniging wat hom daarop toegelê het om welsynswerk te doen onder verarmde gemeenskappe.

Vandag is VVA steeds ‘n doeltreffende welsyns- organisasie met 17 takke in die Vrystaat wat met ‘n visie van kwaliteit volhoubare welsynsdiens onverpoos werk om die missie van versorging, ontwikkeling en bemagtiging te dien.

www.freestatecare.co.za

Heart @work

‘n Ywerige VVA bestuurslid, Mev Mariëtta Rheeder, het reeds sowat 15 jaar gelede begin om koekies en beskuit te bak ten einde fondse vir welsynswerk te genereer en mense te bemagtig. Die motorhuis wat as kombuis gedien het, het te klein geword en Die Plaaskombuis is tot stand gebring en die dienste uitgebrei. Daar word op daaglikse basis etes, snoephappies, verjaardagkoeke, geskenkies, ens. voorberei terwyl die regte outydse koekies en hedendaagse beskuit steeds ‘n wenner is wat wyd en suid verkoop word.

Die logo Heart@Work is ontwikkel omdat dit die werk wat VVA doen na twee kante uitspel nl. harde werk wat met die hart gedoen word om mense fisies en geestelik te help en by te staan.

Wie is ons?
Vanaf die stigting van VVA in 1908 is die insamel van fondse vir welsynswerk ‘n prioriteit. Steeds is fondse nodig om aan groeiende behoeftes te voorsien en daar moet deurentyd nuwe planne gemaak word om die tekorte aan te vul.

Daarom word die immer nostalgiese verlange na die goeie oue tyd aangespreek met gebak wat die gedagtes terugvoer na ouma se kombuis op die plaas waar daar met liefde saam met kinders en kleinkinders tydens vakansies koekies gebak is.

Die Plaaskombuis is ‘n projek van VVA waar hierdie verlange en drome deur ywerige VVA lede en personeel waar gemaak word deur aan elkeen in die stad ‘n geurtjie en proesel uit ouma se kombuis te gee.

Alles word soveel beter deurdat elkeen se bydrae aangewend word om iemand tot hulp te wees.

Bestellings

Aflewering in die Vrystaat, Gauteng, Natal en Noord-Kaap vir groot bestellings.

Bestellings kan gemaak word van 8vm – 4nm. Kontak vir meer besonderhede:

Koekies

1.2 kg Blik gemengde koekies R 170 
11 soorte, in ‘n plastiese blik met deksel, wat instaan vir ouma se regte blik koekblik met die prentjie op.

1kg Gemengde koekies R 125
Choc chip-koekies, Crunchies, Gemmerkoekies, Kersiekoekies, Koffiekoekies, Kondensmelkkoekies, Outydse soetkoekies, Romany creams, Soentjies, Vlakoekies en Rice Krispie-koekies.

300g Gemengde koekiesR 50
Gemmerkoekies, Kersiekoekies, Koffiekoekies, Kondensmelkkoekies, Outydse soetkoekies, Romany creams, Soentjies, Vlakoekies en Rice Krispie-koekies.

500g Geskenkboksie koekiesR 75
Gemengde koekies in ‘n riffelkarton-boksie. Gemmerkoekies, Kersiekoekies, Koffiekoekies, Kondensmelkkoekies, Outydse soetkoekies, Romany creams, Soentjies, Vlakoekies en Rice Krispie-koekies.

1.2 kg Hervulde pakke R 155
Gemmerkoekies, Kersiekoekies, Koffiekoekies, Kondensmelkkoekies, Outydse soetkoekies, Romany creams, Soentjies, Vlakoekies en Rice Krispie-koekies in ‘n plastiek blik.

500g Gemengde koekiesR 70
Gemmerkoekies, Kersiekoekies, Koffiekoekies, Kondensmelkkoekies, Outydse soetkoekies, Romany creams, Soentjies, Vlakoekies en Rice Krispie-koekies.

250g Gemengde koekies R 40
Vlakoekies, Koffiekoekies, Gemmerkoekies, Soetkoekies en Crunchies.

250g Enkel koekies R 40
Net een soort koekie in ‘n pakkie.

Beskuit

1kg Kersie en Pekanneut R 150

1kg Cranberry R 135

1kg Weet BixR 110

1kg KarringmelkR 105

1kg All BranR 125

500g Kersie en Pekanneut R 75

500g Cranberry R 70

500g Weet BixR 65

500g Karringmelk R 55

500g All bran R 65

Aartappel Suurdeeg Beskuit

500g AnysR 55

500g DiabetieseR 87

500g SoetR 55

500g Plaas KarringmelkR 60

Biscotti

250g Cranberry/pekanneutR 50

250g Sjokolade/pekanneutR 50

Vrugtekoek


1.5kg Vrugtekoek                                           R 225

2kg VrugtekoekR 300

1kg VrugtekoekR 150

500g VrugtekoekR 75

200g VrugtekoekR 30

Kontak ons

Stuur vir ons 'n boodskap

2 + 14 =

Vind ons

Erweestraat 14, Wesselsbron. 9680

E-pos ons

vvaplaaskombuis@gmail.com

Bel ons

072 230 4876